Resensie – Sy Lewe vir Sy Liggaam

Resensie Sy lewe vir Sy liggaam

Neem ʼn reis saam met die apostels deur hulle lewens, oorwinnings en lyding. Ervaar die Heilige Gees se werking in hulle en wees ʼn getuie tot hulle wonderwerke en reise.

Word ingetrek in die Ou Testament met die voorspellings van Jesus se geboorte, Sy dood en opstanding, en sien die Bybel in ʼn maklike verstaanbare perspektief. Beleef die Apostels se vervolging deur hulle eie oë, en ondervind die vreugde en liefde wat hulle vir hul gemeentes gehad het.

Die skrywer slaag daarin om die gebeurtenisse en handelinge in die Bybelse tyd akkuraat en maklik verstaanbaar weer te gee. Die gebeure word vars en lewendig uitgelê en dit voel of mens deel word van die verhaal. Veral Paulus se lewe word op ʼn breedvoerige en maklike verstaanbare wyse uiteengesit. Sy lewe, van vervolger tot vervolgde, word effektief en suksesvol in storie vorm weergegee en aandag aan die fynste besonderhede word deurgaans verskaf.

Sy lewe vir Sy liggaam is ʼn insiggewende en akkurate reis na die donkerste uithoeke van die Apostels se stryd en opofferings, maar terselfdertyd ook n gedetailleerde weergawe van hulle oorwinnings en suksesse.

Definitief ʼn sukses verhaal en ʼn moet om te lees! Baie geluk met ʼn meesterstuk!

Drs. Frans en Sariet Nortje

Keerpunt berading netwerk

Kontak Louis of bestel die boek deur die onderstaande vorm te voltooi.

Louis B Rautenbach Snr

Jeffreys Bay, South Africa

E-pos:    loraut@gmail.com

Sel:        +27(0)72 661 0066


Be the first to comment

Leave a Reply