Liefde tussen die Sterre

Liefde Tussen die Sterre het baie (positiewe) reaksie uitgelok wat wissel van opgewondenheid oor die vreemde storielyn, die liefde tussen twee uiteenlopende karakters, die reis tussen verskeie sonnestelsels, nubila’s, planete en sterre deur. Beskrywings is akkuraat, die liefde vurig. Dit is juis laasgenoemde wat ook ander unieke reaksie uitgelok en sommige vroulike lesers laat swymel en bloos het. Natuurlik het dit my gemotiveer om ‘n opvolg te skryf waarmee ek tans besig is, ‘n boek Terug van die Sterre wat ‘n aangename kinkel in die storie bring. Die boek is meestal ‘n avontuurverhaal, propvol liefde en so bietjie erotica soos sy voorganger. Mar-leo Uitgewers wag op hete kole vir my om daarmee klaar te maak. Liefde tussen die Sterre is ook eersdaags in Engels beskikbaar as Love Beyond the Stars.

Please follow and like us: