Reaksie

Ek is eendag tromp-op geloop deur ‘n vrou van (na my skatting) so 70/80. Sy is so bly om my te ontmoet en sê dat sy die boek Die Son Kom Op by haar seun as geskenk gekry het. “Ek was altyd so veroordelend en al het my man ons seun aanvaar en verby sy dinge gekyk, kon ek dit nie regkry nie. Ek het hom baie verwyt. Waar hy die boek gekoop het, weet ek nie, maar dit is net wat ek moes lees! Ek het nou so baie begrip, en aanvaarding gekry. Van nou af sal net liefde jeens hom seëvier.” Haar woorde.

Please follow and like us: