Terugvoer

Dit is vir my so groot voorreg en ook lekker om terugvoer op my boeke te kry. Ek kry eendag ‘n besoeker op kantoor, ‘n jong weduwee. Sy sê: Weet jy, ek het jou boek Spieëlsplinters gelees, en gedink ek sal jou kan help. Jy sal nie glo hoe ek na jou gesoek het nie, toe vind ek uit waar jou kantoor is, en nou is ek hier. Ek wil my hulp aanbied oor die kind in die boek.” Sy was duidelik diep teleurgesteld toe ek vir haar sê dat daardie kind in die boek nert fiksie is, en dat ook die heel eerste hoofstuk slegs ‘n aanloop vir die storie gebied het. Natuurlik was ek in my skik oor die vrou se reaksie, want dit moet sekerlik ‘n pluimpie wees dat sy so baie moeite doen om die arme karakter te kom help. Hierdie boek het al baie harte aangeraak en mense se huwelike gered nadat hulle die storie gelees het. Die boek is ook nou in Engels beskikbaar as “Shattered Mirrors”

Please follow and like us: