Die nuwe boek ‘Wat jy saai…’ Hierdie storie is al baie lankal in my agterkop en wou ek dit lankal skryf. Ek het net nooit geweet hoe om dit te benader nie, maar soos baie negatiewe dinge in die lewe is daar dikwels ‘n positiewe ligpunt. So het ek in laat Augustus vanjaar ‘n paar negatiewe goed moes beleef, en het dit die vonk gegee vir inspirasie om die boek te begin skryf. Ek het weggespring en na 2 maande meer as 110 000 woorde geskryf. Ek is nou klaar met die verhaal, maar is besig om te redigeer. Dit gaan nogal vining en hoop ek om die boek teen die einde van November klaar te hhe. Indien nie, sal dit vroeg in Februarie beskikbaar wees. Ek is opgewonde oor die boek en glo dat my lesers, net soos die vorige boeke, die een net so baie sal geniet. Louis