Die Son Kom Op

Goeiemiddag Louis

RESENSIE: DIE SON KOM OP
Ek het vanmiddag jou boek klaar gelees en was aangenaam verras met al die inligting wat jy in ‘n storie ingeweef het.

Jou aanslag van voorbeelde, die worstelstryd van ouers, die breë spektrum van kwessies aangeraak, Bybeltekste leen baie karakter tot jou boek asook diepte. Die simplistiese taal en jou skrywers styl wat direk tot die punt kom maak dat jou boek maklik verstaanbaar is en dis baie opvoedkundig.

Wel gedaan!! Ek is bly dat dit ingeskryf is vir die 2019 Andrew Murray pryse.

Baie dankie dat jy met jou manuskrip vertrou het.

Hartlike groete,

[image: Retha se naam 2]
Ps. Retha Benadé

Die Son Kom Op

Francois Meyer (outer en bekroonde digter), Bloemfontein oor Die Son Kom Op: Uiteindelik ‘n boek wat die waarheid oordra! Die boek behoort deur baie mense gelees te word dan sal hulle minder veroordeel.

Die Son Kom Op

Barend Olivier, Johannesburg oor Die Son Kom Op: Merkwaardige boek. Dit gee baie insig en laat mens besef hoe maklik ons veroordeel. Mense moet dit lees!

Liefde tussen die Sterre

Jacques Slabbert, Jeffreysbaai oor Liefde Tussen die Sterre: Die boek het baie inligting. Dit was aanvanklik moeilik om alles bymekaar te bring, maar skielik maak dit sin en het ek die boek baie geniet.

My Vriend My Broer

Alet Labuschagne, Bethela (vurige bewonderaar en aktiewe leser van my boeke) oor Dawid en Jonatan. Die boek het ek nou regtig geniet. Ek het vir al my lewe my skoolkinders in die klas geleer oor Dawid en Jonatan en gedink ek weet alles van die verhaal, en hier kom jy en leer my ‘n klomp goed van die twee prinse wat ek nie geweet het nie. Wat ‘n voorreg om dit te kon lees.
Alet sê dat sy die boeke Die Son Kom Op, Oorsprong van Smarte, Spieëlsplinters en My Vriend My Broer al meer as 4 x weer gelees het en geniet dit elke keer, die volgende meer as die vorige keer. Sy is tans besig om Soveel Jare te lees.

Die son kom op / Dawn has Broken

Robert Bester, Jeffreysbaai oor Die Son Kom Op: Wat ‘n goeie boek. Baie interessant. Ek het nog nooit so daarna gekyk nie want die kerke veroordeel heeltyd. Die boek het my visie verbreed. Ek verstaan nou baie dinge beter en gaan die boek beslis uitleen om gelees te word.
Alet Labuschagne oor Die Son Kom Op: Dit is nou ‘n boek wat ek geniet het. ‘n Mooi storie en baie lering. Ek het nooit besef dat mens so na dinge kan kyk nie. Ek verstaan die dinge nou baie beter, en het beter begrip. Die boek is aan te bevel en ek sal dit selfs verdedig ook.
Brandon Nika, Humansdorp, about Origin of Sorrows: Wow Louis, it is a great book with so much teaching and info. I just loved to read it and even told my fellow church members about it. They surely want to order, at least 21 people indicated that they want to buy the book.
Ian Schönborn, Bloemfontein oor Die Son Kom: Baie geniet. ‘n Moet lees vir mense met ‘n verordelende gees en vooropgestelde idees.
Pastoor Peter Simpson, Pretoria (Agalia Kerk) oor Die Son Kom Op/ Dawn has Broken. Baie goeie boek. Naas die Bybel die boek met die meeste waarheid wat ek nog ooit gelees het.

‘n Kind van die wind.

Alet Labuschagne, Bethal oor ‘n Kind van die Wind: Lekker groot druk. TREFFEND. Ek het my siek gehuil oor die arme Sarina se ontberings. Met my en Gerhard (my man) se siektestoestande (albei besig met kankerbehandeling) is my gemoed baie broos. Dankie vir hierdie boek. Nadat ek begin lees het kon ek dit nie neersit nie. Bly dat ek dit kon lees. Tog ook troos gekry vir ons 2 se laaste dae. Mooi, positiewe boodskap.

Resensies Liefde Tussen die Sterre

Resensie deur Corrie Slabbert :

Louis is deur my radio program Reis na die Sterre op NetRadioSA geïnspireer om hierdie Wetenskapsfiksie-liefdesverhaal tussen Egon van Kreta en Riana van Rustenburg te skryf. Ek verwonder my weereens oor die woordkuns waarmee hy die feite en inligting op ‘n gemaklike, sorgsame en  eenvoudige manier, eie aan homself aan die leser oordra. Hy kry dit reg om die beelde met sy woorde die leser se gedagtes in te kleur. Reeds van die eerste woord wat hy skryf word ‘n mens geboei. Hy dartel deur die heelal en verleen ‘n wonderbaarlike insig oor die groot tegnologiese ontploffing die afgelope eeu. Die handewerk van die Skepper word met groot respek en liefde tot aan die anderkant van ons ruimte duidelik beskryf. Hy maak dit duidelik dat ons mensdom in sy eie arrogansie onkunde en homself beperk. Louis lig dit ook uit dat die wetenskap ook maar net ‘n geloof is. Hierdie verhaal met sy stomende liefdeslyn, waarin die Skepper se handewerk en die tegnologie in die uitgestrekte Heelal bymekaar gebring word, is ‘n meesterstuk soos min en word met oop gemoed sterk aanbeveel. Dit is vir my ‘n ongelooflike groot eer en ‘n onbeskryfbare groot voorreg om die een te wees wat die vonkie vir hierdie boek veroorsaak het.

Resensie: Mariette van Dyk, Mar-Leo Publiseerders:

Ek het Louis Rautenbach leer ken op bakkiesblad (Facebook) as ‘n skrywer en wat my die meeste opgeval het van Louis, is sy eerlikheid,sy lewenslus,sy liefde vir sy medemens en die manier waarop hy sy boodskappe in elke boek voortbring. Louis is ‘n man met ‘n groot hart vol omgee wat eers sy lewensles deel met sy vriende en familie.

Die stories sal die leser boei van die eerste tot die laaste bladsy.Ek het dit baie insiggewend, mooi saamgestel en opbouend gevind. Ek weet Louis gaan die nageslag en sommer baie ander lesers baie trots maak met die boek op hulle boekrakke.

Dit was ‘n wonderlike voorreg gewees om die hierdie boek te lees en drukklaar te kry.

Louis is ‘n wonderlike mens en skrywer wat met woorde kan toor. Mag elke leser hierdie storieboek van voor tot agter geniet en sy verhaal geniet soos ek.

Sterkte en doen so voort Louis. Mag God jou en jou boeke ryklik seën.

 

 

Resensie: Petro Greeff, Skrywer en Proefleser, Wellington:

Jy mag maar BAIE gelukkig wees met hierdie boek, baie goed geskryf in alle opsigte. My boontjies het verbrand terwyl ek in ‘n tuig ver van die aarde sweef. En jou karakters kan maar vry! Jou manuskrip is die spreekwoordelike boom waarin ek kan klim om weg te kruip. Egon kan my maar ook kom haal. Jy mag maar skryf, Louis, en nooit ophou nie!