Oorsprong Van Smarte

ISBN-9-781928-210504

Oorsprong van Smarte (2013) is in roman styl. ʼn Verhaal met hoofstukke wat strek van Genesis tot Konings, van die skepping tot waar koning Dawid oorlede is en Salomo as koning by hom oorneem. Die boek vertel die ou bekende Bybelse verhale op besonderse wyse met die gepaadgaande emosies vir die karakters. Dit bevat baie lering en baie inligting wat soms misgelees word. Dit beskryf die besonderse lyn waarin alles vloei, en beklemtoon deurlopend die liefde, genade, barmhartigheid en vergifnis van die Here.  Die geboorte van die eerste vrese, die eerste moord, verkragting en gevoelens van wraak en selfvergelding word verhaal. Selfs interaksie met ʼn prostituut, owerspel en vier gevalle van selfdood, asook die genade van die Here selfs teenoor die Farao deur in die tien plae die onvermoë van sy afgode te bewys in ‘n poging om hom tot bekering te roep.

Op wye aanvraag deur lesers word hierdie boek na Engels vertaal en sal in die tweede helfte van 2017 onder die titel Origin of Sorrows uitgegee word. Hierdie boeke kos R130 plus posgeld en verpakking wat ongeveer R38 is.

kontak Louis

Louis B Rautenbach Snr

Jeffreys Bay, South Africa

E-pos:    loraut@gmail.com

Sel:        +27(0)72 661 0066

‘Oorsprong van Smarte’ is ‘n roman gebaseer op Ou Testamentiese Bybelverhale en neem die leser op ‘n interessante reis deur die bekende Bybelverhale, vanaf Genesis tot Konings. Die skrywer delf dieper in emosionele belewenis van bekende Bybelse figure en gee die leser ‘n nuwe perspektief op die menslikheid van hierdie karakters en ook die verreikende nagevolge van hul dade.

Soos die verhaal vorder, sal die leser toenemend bewus word van God se opregte belangstelling in die skepping en liefde vir mens.

God beskerm deurlopend. Hy rig en lei die mens om hom teen selfvernietiging te beskerm.

Daar is niks groter as God se genade…


Please follow and like us:

Leave a Reply