Spieël Splinters

ISBN-9-781928-210511

 Spieëlsplinters (2013) is ʼn roman wat 80% gebaseer op eie ervaringe en word in die eerste persoon geskryf. Dit beskryf die impak van grootmense se besluite op hul kinders. Dit is vol intriges en gee ook bietjie lering oor spesifieke, enkele vraagstukke. Dit speel af in ʼn tyd van 1965 tot 1980 en raak verskeie emosionele ervarings van kindwees aan. Dit vind gedeeltelik plaas in die tyd voor selfone en motor radio’s waar motorritte gebruik is om o.a. familiekonsert te hou. Dit is ʼn goeie oorgangsboek wat by beide die tiener as die volwasse leser aanklank vind. Hierdie interessante boek kos R110 plus R38 posgeld en verpakking.

​kontak Louis

Louis B Rautenbach Snr

Jeffreys Bay, South Africa

E-pos:    loraut@gmail.com

Sel:        +27(0)72 661 0066

    Die verhaal handel oor die ongekompliseerde lewe van kindwees in ‘n beskermde omgewing, waar jong lewens meteens deur ‘n rits negatiewe gebeure na onbeskermde en ongenaakbaarheid van die grootmenswêreld geruk word.

    Die vele aanslae van die lewe word met wisselende emosionele uitdagings aangespreek. Die boek is belaai met intriges: vreugdes, teleurstellings en uitdagings wat uiteindelik lei tot by ‘n kruispad van keuses. ‘n Kruispad in die lewe waar emosionele oorwinning ‘n seker realiteit word. En oorwinning bring.

    Hierdie unieke oorgangsboek is ideaal vir tiener- sowel as volwasse lesers.


    Please follow and like us:

    Leave a Reply