Skaduwees

Skaduwees (2017) Hierdie roman handel oor ʼn kind wat blootgestel word aan die uitdagings van die geesteswêreld, waar emosies uitgelig word en die verskyning van voorbodes, demone, en ander verskynsels beskryf word, en bespreek in die tweede helfte ook die verskyning van engele, voorgevoelens, drome en visioene. Alhoewel die boek plek-plek bangmaker insidente bevat, is die boodskap van hoop en verlossing prominent daarin. Prys R120 plus posgeld en verpakking.

kontak Louis

Louis B Rautenbach Snr

Jeffreys Bay, South Africa

E-pos:    loraut@gmail.com

Sel:        +27(0)72 661 0066

SKADUWEES

Proloog:

Hierdie bangmaker roman gaan oor ʼn kind wat alreeds van ʼn baie jong ouderdom met bonatuurlike verskynsels te doen kry.

Alhoewel hierdie nie ʼn kinderverhaal is nie, is dit ʼn goeie oorgangsboek wat geskik is vir die volwasse- sowel as tienerleser. Dit raak geestelike verskynsels aan en beskryf sekere interaksie daarmee wat hy oor ʼn tydperk van jare ervaar het.

Daar gebeur dikwels onverklaarbare dinge in die geesteswêreld, veral rondom die lewens van klein kindertjies. Die geestelike realm is ʼn bedrywige omgewing, tog is hierdie gawe slegs aan ʼn beperkte groep mense beskore is, of hulle dit wil of nie. Nogtans raak hierdie interaksie met geestelike wesens die meeste kinders en vergeet die meeste weer dikwels daarvan.

Kinders is onkundig, naïef, onskuldig, en kan nie altyd dit wat hulle sien, met die regte woorde beskryf nie, bloot omdat hul woordeskat nog-nie genoeg uitgebrei het nie en hulle dus aan die regte woorde ontbreek. Grootmense verstaan dan nie wat hulle probeer sê nie, en in hul ongeduld maak hulle dit as onbenullig af. Wanneer ʼn kind snags ʼn vreesaanjaende of slegs net ʼn nare ondervinding beleef, moet dit nie deur grootmense of ouers ligtelik opgeneem word nie. Luister eerder sorgvuldig na wat die kind probeer sê, hoe hulle vreemde ervarings beskryf en hanteer dit sonder dat die kind agterkom dat daar ongesond baie waarde aan geheg word. Enige kontak tussen met die geesteswêreld wat ontstellend deur die kind ervaar word, moet versigtig en met empatie hanteer word.

Die gemoedsversteurings, depressie en gepaardgaande negatiewe reaksie daarop irriteer mense wie glad-nie hierdie verskyning ken en verstaan nie. Onkundige en oningeligte mense beskou dit as onbelangrik en word die kind se ervarings maklik as verbeelding, stoutigheid, of bloot bangheid beskou. Al is daar baie teorieë, kan sielkundiges, wie hierdie vermoë om in die geestelike realm te kan sien, in hul eie familiekring ervaar, dit self ook nie verklaar nie.

Blywende emosionele skade kan aangerig word indien die kind se ervarings met ongeduld afgemaak word as verbeelding, stoutigheid of bloot nagmerries. Soms kan sekere depressie en onverklaarbare gemoedsversteurings vinnig ontlont word deurdat hierdie ervarings met slegs die nodige aandag hanteer word.

Hierdie verhaal van ʼn kind wat eerstehands met die geestewêreld te doen kry, bevat die elemente van ʼn bangmaker, maar het ook ʼn boodskap van hoop en redding. Die verhaal ontvou reeds van kleutertyd met eerstehandse kontak met die geestewêreld. Die reaksie en gevoelens wat deur die kind ervaar word, word breedvoerig beskryf.

Alhoewel die storie aanvanklikhandel die bonatuurlike en onverklaarbare ervarings verhaal, beskryf dit uiteindelik ook interaksie met positiewe voorgevoelens, drome, visioene en selfs ervarings met engele


 

Please follow and like us:

Leave a Reply