Die nuwe boek ‘Wat jy saai…’ Hierdie storie is al baie lankal in my agterkop en wou ek dit lankal skryf. Ek het net nooit geweet hoe om dit te benader nie, maar soos baie negatiewe dinge in die lewe is daar dikwels ‘n positiewe ligpunt. So het ek in laat Augustus vanjaar ‘n paar negatiewe goed moes beleef, en het dit die vonk gegee vir inspirasie om die boek te begin skryf. Ek het weggespring en na 2 maande meer as 110 000 woorde geskryf. Ek is nou klaar met die verhaal, maar is besig om te redigeer. Dit gaan nogal vining en hoop ek om die boek teen die einde van November klaar te hhe. Indien nie, sal dit vroeg in Februarie beskikbaar wees. Ek is opgewonde oor die boek en glo dat my lesers, net soos die vorige boeke, die een net so baie sal geniet. Louis

Nuwe boek: Wat jy saai…

Nuwe boek op pad: Wat jy saai…
Wanneer ’n ouer die pad byster raak, rimpel die konsekwensies van daardie bitter saad wat gesaai word, baie wyd. Dit raak almal – die ander ouer, die kind, die grootouers, die wyer familie.
Soveel te meer as dit Mamma is. Mamma, met haar betrokkenheid by dwelms.
Sy verloor perspektief en voeling met die werklikheid. Sy leef in ontkenning oor die smart wat sy saai. Die leuens, die wanpersepsies, negatiewe beïnvloeding van reguit denke en die waan dat almal teen haar is. Sy moet haarself ten alle koste teen almal verdedig. Mamma leef in ’n eie, denkbeeldige wêreld waar almal behalwe syself verkeerd is.
Om dan reg te maak wat verkeerd geloop het, is ’n lang, moeilike proses, want dan word gemaai wat gesaai is.
Louis wou hierdie boek al lankal skryf, maar het oor baie jare gewag vir die regte inspirasie daarvoor. Hy wou hierdie verhaal deeglik en in detail verwoord sodat dit die waarheid van ongevraagde uitdagings sal oordra.
‘n Rits komiese voorvalle aanvanklik en intriges later in die verhaal belowe om die leser te boei en die realiteit van daaglikse gebeure in gewone omgangstaal te verwoord.

Die Son Kom Op

Goeiemiddag Louis

RESENSIE: DIE SON KOM OP
Ek het vanmiddag jou boek klaar gelees en was aangenaam verras met al die inligting wat jy in ‘n storie ingeweef het.

Jou aanslag van voorbeelde, die worstelstryd van ouers, die breë spektrum van kwessies aangeraak, Bybeltekste leen baie karakter tot jou boek asook diepte. Die simplistiese taal en jou skrywers styl wat direk tot die punt kom maak dat jou boek maklik verstaanbaar is en dis baie opvoedkundig.

Wel gedaan!! Ek is bly dat dit ingeskryf is vir die 2019 Andrew Murray pryse.

Baie dankie dat jy met jou manuskrip vertrou het.

Hartlike groete,

[image: Retha se naam 2]
Ps. Retha Benadé

Dit wat jy saai…

Wonderlik. Ek is besig met ‘n nuwe boek. Dit vorder fluks en my nog flukser vriendin Annekie Heyns (Skrywer/Grafiese ontwerper) het alreeds die pragtige omslag ontwerp! Dankie Annekie, dit lyk baie baie goed!

Terug van die Sterre

My groot vriendin, skrywer en grafiese ontwerper het nou die finale omslag vir Terug van die Sterre / Love Beyond the Stars: Reunited se omslae klaar. Goedgekeur, boeke gereed om gedruk te word. Voor Kersfees is die langverwagte boek beskikbaar!

Love Beyond the Stars: Reunited

The book Love Beyond the Stars: Reunited promise the reader a unique voyage through space with two teen agers desperately in love. This book is a follow up from Love Beyond the Stars where Egon came to earth to fetch himself a beautiful wife. In Reunited, many years later, their son follow in his foot steps to fetch Joya, a pretty red haired women to whom he fell in love the moment when he met her on the farm in Rustenburg. This is a must read.

Terug van die Sterre

Terug van die sterre is tans in drukproses en behoort oor ‘n maand beskikbaar te wees. Hierdie liefdesverhaal is ‘n storie wat die reis na Kreta, die veraf planeet, verder vat en beloof baie leesgenot .

Love Beyond the Stars

LOVE BEYOND THE STARS:
…Every sound in perfect harmony, cheerful and full of joy! She was not able to resist the charming Egon’s courting and she voluntarily surrendered to his attentions. It seemed to Riana as if her body turned into a blissful sense of fluidity, flooded by soft stimuli of light electric impulses which raced like mini tsunamis in warm waves over the length of her body. As if merged into a unity, the blissful moment bound her inextricably with her beloved. That she would fall in love with a strange man in a few days, was something she would have denied previously, as she was always too conservative, too selective, yet… As if floating on a soft cloud somewhere high above her cattle farm near Rustenburg, a paralyzing sense of bliss again flooded over her. She wheezed softly while Egon lightly stroked her lips with his. The adrenaline flushed warmly through their veins as they glide as if in a wide tunnel with colourful flashing lights and soft impulses at an even increasing speed … until they suddenly experienced an enchanting sense of relief. A warm paralyzing sense flooded her being. Somewhere in her head there was a dull explosion that was accompanied by a light feeling of dizziness. Her heart bounced wild with love. She was breathless as if she just had a long ride on her red stallion on Jakkalsfontein. Here they are, finally in an intimate moment in a love band that joined them together like golden chords of love. In their own embrace in a strange unity, her light skin and his supple light brown almost unnaturally intertwined. A true man from outer space. They were suddenly silent for a moment. Both were occupied by their own thoughts. Only Egon would know her thoughts! Then he spoke, her hero, in control forever. “How do you feel? Are you all right?” He whispered lovingly close to her ear. Riana considered it for a moment not to answer him. She smiled looking into his eyes still lying in his arms. Although her body seemed strange weightless, her limbs lacked the strength. It seemed …