My Vriend, My Broer

ISBN-978-0-620-68669-0

My Vriend, My Broer (2015) is ‘n wonderlike, menslike verhaal van Dawid en Jonatan – een ʼn prins van geboorte en die ander ʼn prins aangetroud. Hierdie roman neem die leser op ʼn verbeeldingsreis met emosies veroorsaak deur aanvanklike verwerping, valse beskuldigings, depressie maar ook die oorwinning om tot die grootste leier en politikus van alle tye gekroon te word. Hierdie baie besonderse verhaal bevat baie insig en lering en beskryf die unieke liefde wat ʼn demonstrasie is van die liefde van God vir Sy skepping. Hierdie is ʼn lekker leesboek en bied heerlike ontspanning vir enige leser. Prys R120 plus posgeld en verpakking.

kontak Louis

Louis B Rautenbach Snr

Jeffreys Bay, South Africa

E-pos:    loraut@gmail.com

Sel:        +27(0)72 661 0066

    Proloog: My Vriend, My Broer

    Die fokus is daarop om menslike emosies en samebindende, gemeenskaplike uitdagings die hoof te bied. Te midde van vervolging en vyandigheid kleef albei die manne vreesloos aan God vas en eer die beloftes wat deur Hom gemaak word. Hebsug en selfsug tussen hierdie twee vriende is geheel en al in hul lewens afwesig.

    Hierdie boek vertel die verhaal van ‘n besonderse toegeneëntheid tussen twee vriende, die een ‘n tienerseun en die ander alreeds ‘n ervare soldaat, wat uitgedaag met die eise van die lewe wat bemoeilik word deur mense uit die verskillende wêrelde en raamwerke waaruit hulle kom.

    Die leser behoort egter te sien dat beide Jònatan en Dawid hul diepe afhanklikheid en liefde openlik vir God en vir mekaar bely. Albei leef hul geloofsvertroue in die HERE uit, en skroom nie om Sy leiding en beskerming af te bid nie.

    Elke leser kan met vrymoedigheid vrye teuels gee daaraan om hierdie realistiese beskrywing te interpreteer, en selfs die feite daarvan na te slaan.