Resensie Die Son Kom Op

deur Eugene en Heike Joubert van Jhb.

Louis, ek en Heike het die week net gaan baterye laai op Dihololo – ja ook ‘n wildsplaas maar weg van ons gejaagde roetine. Ek het jou boek saam geneem en moet jou gelukwens, jou skryfstyl (poeëties) laat mens stadig lees en indrink wat jy sê. Ek vorder stadig en leer baie by jou – DANKIE

Kontak Louis of bestel die boek deur die onderstaande vorm te voltooi. Die Engelse vertaling “Dawn has Broken” is ook beskikbaar teen dieselfde prys.

Louis B Rautenbach Snr

Jeffreys Bay, South Africa

E-pos:    loraut@gmail.com

Sel:        +27(0)72 661 0066


     

    Resensie van Die Son Kom Op

    Die boek kan bestel word deur die onderstaande vorm in te vul R180 verpakking en posgeld ingesluit.

    The English translation The Dawn has Broken is available at R180 postage and packaging included.  Complete the form below to order.

    DEUR:P.C. Viljoen.

     

    Daar is ‘n liedjie wat lei:

     

    I believe in miracles,

    I’ve seen a soul set free,

    Miraculous the change in one

    Redeemed through Calvary.

    I’ve seen the Lily

    Push it’s way

    Up through the stubborn Soul

    I believe in miracles

    For I believe in You.

     

    Louis, van die eerste tot die laaste blad, onderwerp jou aan jou eie gewete en jou eie feilbaarheid.

     

    Ek bevind myself dat ek deur die hele boek,, ondersoek instel, en het gewonder watter beeld ek weerspieël.

     

    Diktatorskap is gewoonlik ʼn uitvloeisel van die mens se eie onvermoë en die besef van eie onvolmaaktheid wat ons soos ʼn laag verf oor die krake in ons lewe verf, sodat ander net die oppervlak, die masker wat ons dra, kan sien. ʼn Lewe van ontkenning veroorsaak ʼn veroordelende gees, want om ander deurentyd te veroordeel en te bestraf, laat mens se bewustheid van jou eie foute verdof. En hoe langer mens in hierdie beskuldigende staat lewe, hoe makliker raak dit om te bestraf en te veroordeel. Ons raak onsensitief teenoor ander se brose menswees. Daardie emosionele senuwee verloor sy gewetenswaarde. Emosionele en geestelike volwassenheid tree in die dag wanneer ons ons eie onvolmaaktheid besef en erken, en in nederigheid en met begrip vir ander, daarmee saam kan leef..

     

    Die kern van hierdie verhaal, saamgevat in hierdie insiggewende paragraaf.

    Nie net sal ek enige iemand aanraai om hierdie boek te lees, as gevolg daarvan dat dit ‘n boieënde verhaal is, waar jy jouself bevind in die lewens, lief en leed, van Albert, Susan, Altus en die oulike Jaco nie, maar ook as hersiening van elkeen se vooropgestelde idees, en ‘n rigting wyser, ‘n openbaring aan elke kind van God.

     

    Knap gedaan Louis, beslis nie ;n boek wat goedsmoeds opgeneem kan word nie…

    Die Son Kom Op (2017) Roman oor ʼn gesin wat tot die uiterste aan onverdraagsaamheid, liefdeloosheid en verwerping blootgestel word. Hierdie boek met sy aktuaele onderwerp ontlok bemoedigende terugvoer. Dit beloof om wye reaksie uit te lok en word ook in Engels uitgegee. In teenstelling met meeste boeke wat op ‘n hoogtepunt begin en aan die einde van die verhaal op ‘n laagtepunt eindig, begin hierdie boek basies eerder op ‘n laagtepunt met verskeie emosionele uitdagings wat die lewe bied, en eindig in triomf wat die leser met verwondering laat en selfs ‘n heerlike salwing bied.  R140 plus posgeld en verpakking.  (In Engels beskikbaar as Dawn has Broken teen dieselfde prys as Afrikaanse weergawe).

    Kontak Louis of bestel die boek deur die onderstaande vorm te voltooi.

    Louis B Rautenbach Snr

    Jeffreys Bay, South Africa

    E-pos:    loraut@gmail.com

    Sel:        +27(0)72 661 0066


       

      Resensie van Skaduwees

      RESENSIE VAN: SKADUWEES:

                          Deur:P.C. Viljoen.

       

      Want…

       

      “Julle geveg is nie teen vlees en bloed nie, maar teen die bose geeste en die magte in die lug.”

       

      NEE!!!!! Wil ‘n moeders hart instinktief skreeu oor die onreg wat hierdie klein Loekie moet deurmaak.

       

      Terwyl ‘n mens die lewe van Loekie volg, neem Louis Rautenbagh sy leser, heel suksesvol, op ‘n reis waar min waag om heen te gaan.Die geestelike gebied van misverstand en vrees.

       

      As mens nou glo aan ‘spoke’ of nie, die feit is dat daar ‘n wêreld is waar geeste wandel. Ons kry met hierdie geeste te doen deur die oë van een, baie fyngevoelige, jong seun, wat groei tot ‘n sensitiewe, omgee man.

       

      Geen verdere oortuiging word hierna benodig nie!

       

      Ek kon hierdie boek nie neersit nie, en was vas gevang van die heel eerste bladsy.

      Ek sal hierdie boek met die grootste vrymoedigheid aanraai. En sien (hopelik) uit na ‘n opvolg…

      Kontak Louis of bestel die boek deur die onderstaande vorm te voltooi.

      Louis B Rautenbach Snr

      Jeffreys Bay, South Africa

      E-pos:    loraut@gmail.com

      Sel:        +27(0)72 661 0066

         

        Baie geluk Louis met nog ‘n treffer…


         

        Resensie – Sy Lewe vir Sy Liggaam

        Resensie Sy lewe vir Sy liggaam

        Neem ʼn reis saam met die apostels deur hulle lewens, oorwinnings en lyding. Ervaar die Heilige Gees se werking in hulle en wees ʼn getuie tot hulle wonderwerke en reise.

        Word ingetrek in die Ou Testament met die voorspellings van Jesus se geboorte, Sy dood en opstanding, en sien die Bybel in ʼn maklike verstaanbare perspektief. Beleef die Apostels se vervolging deur hulle eie oë, en ondervind die vreugde en liefde wat hulle vir hul gemeentes gehad het.

        Die skrywer slaag daarin om die gebeurtenisse en handelinge in die Bybelse tyd akkuraat en maklik verstaanbaar weer te gee. Die gebeure word vars en lewendig uitgelê en dit voel of mens deel word van die verhaal. Veral Paulus se lewe word op ʼn breedvoerige en maklike verstaanbare wyse uiteengesit. Sy lewe, van vervolger tot vervolgde, word effektief en suksesvol in storie vorm weergegee en aandag aan die fynste besonderhede word deurgaans verskaf.

        Sy lewe vir Sy liggaam is ʼn insiggewende en akkurate reis na die donkerste uithoeke van die Apostels se stryd en opofferings, maar terselfdertyd ook n gedetailleerde weergawe van hulle oorwinnings en suksesse.

        Definitief ʼn sukses verhaal en ʼn moet om te lees! Baie geluk met ʼn meesterstuk!

        Drs. Frans en Sariet Nortje

        Keerpunt berading netwerk

        Kontak Louis of bestel die boek deur die onderstaande vorm te voltooi.

        Louis B Rautenbach Snr

        Jeffreys Bay, South Africa

        E-pos:    loraut@gmail.com

        Sel:        +27(0)72 661 0066


          Resensies

          Alet Labuschagne van Bethal

          My Vriend, My Broer: Alhoewel ek hulle storie so goed ken want in die 30 jaar wat ek skool gehou het moes ek die stuk Bybelgeskiedenis honderde kere vir die kinders vertel maar nou het jy die storie vir my vertel en ek het dit baie geniet. Dit was vir my interessant om te lees dat Dawid 15 jaar oud was toe hy Goliat gedood het. Jy het ‘n los en gemaklike skryfstyl.

          Oorsprong van Smarte: Baie geniet en baie van die karakters te wete gekom wat nie so direk beskryf word soos wat jy dit gedoen het en met jou navorsing te wete gekom het nie. Daar is baie wat mens noit geweet het nie. Nogmaals baie dankie. Ek het baie dinge geleer wat ek nie geweet het nie. Die plae en die koning se reaksie was baie interessant. Ek gaan die boeke albei oor so 3 maande weer lees, en gaan dit beslis nie uitleen nie, want dan kry mens dit of nie terug nie, of in ‘n swak toestand terug. Ek geniet ‘n boek altyd die 2de keer nog meer.

          Sheila Bester

          My man het die boeke Oorsprong Van Smarte; My Vriend, My Broer en Spieëlsplinters gelees. Hy het dit so geniet en het dit nie neergesit nie. Sê hy het so baie geleer. Baie dankie. Hy hou baie van die boeke

          Llouie en Dick Boiko – Humansdorp

          Ons het die boeke baie geniet, meneer. Ons het so baie geleer. Mens kan die boeke nie neersit nie. Mens kan sien dit is met opregtheid en diep uit die hart geskryf. Vir die eerste keer verstaan ek die Bybel ook beter, veral die Ou Testament.

          Petro Greeff

          Spieëlsplinters: Hier is ‘n boek wat met eerlikheid geskryf is; om dit te lees, het vir my vreugde gebring, maar tog ook aan my hart geruk. Dit vertel van sorgelose kinderjare waar kinders nog kinders was maar ongelukkig het hul lewe nie so gebly nie. Kinderjare wat met wonderlike liefde gevul was, word skielik in die teenoorgestelde gedraai. Met rou emosie word daar vertel van skeiding van geliefdes, fisiese mishandeling, pyn in ‘n kinderhart, sowel as honderde vrae in ‘n kind se gemoed omdat volwassenes se optrede nie altyd, kan ek sê, volwasse is nie? As kind se lewe skielik van liefde en geborgenheid ontneem word, dan tree verwerping en ‘n gevoel van mislukking in, hiervan getuig dié boek. Tog kan elke leser ‘n waardevolle paar lesse leer. Om net één te noem, moet nooit moed opgee nie!”

          Dick Biko

          Het van Oorsprong Van Smarte gesê dat hy dit so geniet het, en dat die Bybel, veral die Ou Testament vir hom baie meer verstaanbaar is.

          Marinda Scott

          Sê dat sy ongelooflik baie leer oor die Bybel, en dat sy al die boeke geniet het.

          Santie Radley

          Sê dat sy baie lees en baie boeke koop, en dat hierdie boek Spieëlsplinters ‘n baie goeie boek is!

          Baie dankie aan elke leser. Ons is afhanklik daarvan dat julle ons kunswerke koop en geniet. – Louis.

          Kontak Louis of bestel die boek deur die onderstaande vorm te voltooi.

          Louis B Rautenbach Snr

          Jeffreys Bay, South Africa

          E-pos:    loraut@gmail.com

          Sel:        +27(0)72 661 0066


            Resensie – Die Son Kom Op

            RESENSIE: DIE SON KOM OP

             

            In “Die son kom op” deur Louis Rautenbach raak die skrywer aan ‘n onderwerp waaroor daar baie debatte aangegaan word – homoseksualiteit. “Die son kom op” is ‘n verhaal wat sy oorsprong kry van scenario’s wat in die realiteit plaasvind. Hierdie scenario’s raak nie net aan die fasette waardeur ‘n gay persoon gaan nie, maar ook aan die manier waarop familie, vriende en selfs die kerk ‘n naaste se seksualiteit hanteer.

             

            Ek het groot waardering dat ‘n boek soos hierdie die lig gesien het – in Afrikaans en Engels. “Die son kom op” word nie deur middel van “net nog ‘n interpretasie” aangebied nie, maar raak aan die gestroopte werklikheid, Bybelse feite en selfs logiese lesing en toepassing van die Bybel.

             

            Die grootste doel wat die skrywer hier skep, se vervulling lê in die hande van die leser; om verby die politiek, veroordeling en oningeligte doktrines te kyk en weer by die basiese grondslag van die Woord uit te kom – liefde, medemenslikheid, respek en ware eenheid in Christus.

             

            “Die son kom op” is ‘n outentieke en triomfantelike sinopsis van die homoseksuele gemeenskap wat deur dieselfde Skepper as die heteroseksuele gemeenskap geskape is. Louis skroom nie om hierdie verhaal – wat vele mense se bestaan is – op die man af te vertel nie. Ek het hoë verwagtinge dat “Die son kom op” oor die potensiaal beskik om ‘n krities bekroonde boek te word.

            Deur Mede skrywer gedoen

            Resensie – My Vriend my Broer

            Alet Labuschagne van Bethal

            My Vriend, My Broer: Alhoewel ek hulle storie so goed ken want in die 30 jaar wat ek skool gehou het moes ek die stuk Bybelgeskiedenis honderde kere vir die kinders vertel maar nou het jy die storie vir my vertel en ek het dit baie geniet. Dit was vir my interessant om te lees dat Dawid 15 jaar oud was toe hy Goliat gedood het. Jy het ‘n los en gemaklike skryfstyl.

            Kontak Louis of bestel die boek deur die onderstaande vorm te voltooi.

            Louis B Rautenbach Snr

            Jeffreys Bay, South Africa

            E-pos:    loraut@gmail.com

            Sel:        +27(0)72 661 0066